Dit is reeds Kersfees in my hart (Brons 574 Woode)
Sommer reeds vroeg in November het ek al ’n paar keer na Little Drummer Boy geluister en met aandgodsdiens sing ons reeds ’n paar gewyde Kersliedere. Die boom word net môre opgesit al is dit normaalweg eerste Desember nog ’n paar dae weg. Die winkels help verseker my Kersfees lus hierdie jaar aan met die […]
Afrikaans
My asem, my wese my wil en rede, my kom en gaan, my gedagtes, woorde en dade my opstaan, en gaan slaap ook my dagdrome en nagmerries – dis wie ek is, wie ek wil wees- my lewe my strewe my sterwe, sinoniem met Afrikaans.
Onsekerheid
Onsekerheid Die grootste verarmer in die geskiedenis van die mens. Onseker of ek goed genoeg is en verhoed: egte vriendskappe; ‘n talent se ontwikkeling omdat kritiek toegelaat word om te definieer; oplos van konflik is onmoontlik; doeltreffende ouerskap omdat kinders se opinie van ons belangriker is as om op te voed, ons moet ouers […]
Lentemooi (Silwer – 480 woorde)
Een van die doendinge op my wenslysie was nog altyd om eendag blomme te gaan kyk. Daardie blomme, doer ver in Namakwaland, waaroor almal so liries raak en ek nog net op foto’s kon sien. Toe realiseer hierdie wens onverwags. Aan die begin van September (hierdie jaar) kry ons, dis nou manlief en ek, die […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Namakwaland (silwer)
Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing haar duinsandwange bloesend rooi sjiek geklee in mooiste madelief en vir haar slanke hals het Hy vir haar ‘n snoertjie druppels uit die lentereën gebring ©️Elize Kruger 16 September 2022
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]
Nét genade
eers véél later sou ek weet dat net soos wildeblomsade in kliphard gekompakteerde grond dormant, stom lê en wag dat somerreën sal kom ook in ‘n leeggebloeide mensehart ‘n Boesmanland na droogte weer reserweloos sal blom ©️Elize Kruger 1 Oktober 2022