Jongste aktiwiteit:

die duin

van kleinsaf was dit my ding
om dié duin te kan klim
waarvandaan jy die see eerste sien
na baie jare se een vakansie per jaar
het dié duin by my ‘n obsessie geword
ek moes net op daardie duin kom
jare se voorspoed en ook teëspoed
het verby gevlieg, my getemper
my hart se wens kalmeer
en tog – het dit gebeur
hier op my oudag
het ek dié duin
bestyg

©Teãrlach
“Skrywers getuig baie sleg oor hulle eie werk. Hulle verwar dikwels wat daar geskryf staan met wat hulle wou geskryf het.” (Chris Barnardt op LitNet aan Izak de Vries)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed