Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

jagdans

jagdans

roep van ‘n naguil word gehoorsaam
met die skyn van ‘n silwer tweepunt-maan
duister in sy jagdans
laat die skemervlerkkabaal bedaar
daglig is die nag se vangs

oor die panaroma is ek agteloos
ook sy, wat warm teen my lê
veeleisende gedagtes
val elk in die wandeling
ek word rustig in haar asemhaling

voor sluimerskim volkome
gewek van my weerhou
oorval waarheid my
met lewensangs
hier moet ek wegkom
hier moet ek vlug
in ‘n soetgif-liefde-lokval
lê ek op my rug

op stel en sprong uit angsverlam
het ek te voet gevlug
elke rigting
in dié van duister
al my koerse stuur om die ewe
swart met die koraalgesang
wat alles heen omring
is my alleenbestemming

koue, koleswart lug brand in my borskas
vlamme in die vuurkas van ‘n stoomtrein
elke teug, ‘n vuurvlaag
wat siedend teen die ketel opvlam
draai swaar ysterwiele met suier en stang
in dansende duister
hardloop ek soos ‘n trein
spoedig, gitswart gesluier

onder die agterhorison
diaboliese geskree om wraak
hande-viervoet word ek ingehaal
sy is in agtervolging, sy is kwaad

ek hardloop in snelrat
haar dreunende jaaggalop
verslind afstand tussen ons
my enigste hoop
om te verdwyn
in die donker doolhof
waar selfs lig
swart skyn

doodstil
in pikswart stilte
omvou met donker duister
haal ek stadiger en sagter asem
stiller as die dood
wag ek
ek wag
en luister

deur dik stilte sny ‘n dowwe gil
op die swart golf ‘n suising
sterker en sterker
sy is hier

haar enorme kop
massiewe onderkaak
forseer ‘n vooroor leun
op gespierde arms
vol wonde tot op die been
diep en vinnig suig sy lug in
‘n vurktong sis uit haar mond
sy proe die lug, weet waar ek is

stadig draai sy in my rigting
bloedrooi oë
kerf deur duister, val stip op my
haar onderkaak sak stadig
kloue, dieper in die grond
vir ‘n oomblik, roerloos
bloed uit ‘n kopwond
stroom oor haar gesig

skielik, storm sy oopmond
ek kan nie beweeg nie
wat my moet wegsteek
pen my vas
duister die verraaier
in sy jagdans hoor ek hom lag
net voor sy byt
het ek my oë gesluit …

‘n naguil roep
in die skyn van ‘n silwer tweepunt-maan
met die asemhaling van ‘n engelgesig
warm teen my lyf, raak ek rustig

©VonVillon




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak