
naam
naam
toe skep ek
winterwind in opsteek
bedaar rooi woede
by my vergeet
‘n beker vol
lentereën, sag geval
drenk tong verdor
in verstarring verval
by my gehou
wit somerweerlig, puur
verlig donker hart
met heil’ge elmsvuur
ook het ek
herfs se okertint
vir jou oë
in grys verdrink
en my stem is diep in ‘n naam versink
©VonVillon
‘n Gedig oor gelowiges wat God gebruik om ander na Hom toe te bring. Talente wat God uit genade skenk is sodat ander God in sy kinders kan sien. Die simboliek van seisoene handel oor die hulp aan ander. Ongeag die seisoen in jou lewe, God red. Gelowiges het ander lief alleenlik omdat God hulle liefhet, hulle het wat Hy geskep het nodig om liefde aan ander te bewys. Dis onmoontlik op hulle eie.
Winter
———–
toe skep ek
winterwind in opsteek
bedaar rooi woede
by my vergeet
‘n Kind van God het die vermoë om ander se woede te bedaar met God se woorde van liefde. (Die wind behoort aan Hom)
Lente
———–
‘n beker vol
lentereën, sag geval
drenk tong verdor
in verstarring verval
‘n Kind van God kan ander, wat nie meer iets goed van die wêreld kan sê nie, bemoedig. (Die reën behoort aan Hom)
Somer
———–
by my gehou
wit somerweerlig, puur
verlig donker hart
met heil’ge elmsvuur
Gelowiges se lewe gee hoop vir ander se lewens, vol bitterheid en haat. (Die weerlig behoort aan Hom)
Herfs
———–
ook het ek
herfs se okertint
vir jou oë
in grys verdrink
Vertel van God en mense sien weer hoop. (Herfskleure behoort aan Hom)
en my stem is diep in ‘n naam versink.
———–
Dit alles doen gelowiges in die Naam van Jesus Christus.
Ns: daar is vier strofes en elke reël bestaan uit drie woorde – 4 x 3 = 12 vir die twaalf apostels. Die hele gedig rus alles op die laaste reël van nege woorde – op die Here Jesus Christus.
©VonVillon
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige vers Von