Tannie met die sewe katte
Tannie met die Sewe Katte
Deur: Ryno du Plessis
In ‘n donker straat staan haar huis.
Op ‘n wiegstoel voor die deur sit sy soggens vroeg.
Handjie in die lig. Sonder om te praat, groet sy die verdwaaldes in haar straat.
Haar oë staar voor haar uit, asof sy iets groot moet besluit.
Al sewe katte sit om haar. Party lê, ander staar ook.
Aan haar blou sakkie klou sy vas, asof haar lewe daarin pas.
Die bure spot. Sy het seker haar bus verpas.
Min weet hulle sy dra ‘n donker las.
Min besef hulle daar is skaars ‘n broodkrummel in haar kas.
Dalk het sy ‘n bus verpas.
Sou ek maar net ‘n fiets kon leen, het ek haar saamgeneem na die dae van omgee, waar jou lewensklas nie saak gemaak het nie.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.