Jongste aktiwiteit:

DIE SON SE GLIMLAG IN MY Oë

Ek kruip vanoggend deur die strikke van die nag
tot by die oggend beker se oorloop
en groet die nuwe dag
met die son se glimlag in my oë

Ek ruik aan die winter blomme se soet nektar
saam met die goggas in die oggend ryp
en laat my wakker word se tweestuk slaappak
wegdros met die son se glimlag in my oë

Ek loop om die dassies te gaan groet
en dwaal af om met die winterlammers
in die groen wintervoer te bokspring
terwyl die son my injaag om te kom glimlag in my oë

Ek spook na asem
tot by gistermiddag se sitplek van die bobbejane
groet die dassies
en trek my loop staf nader
terwyl die son kom glimlag in my oë

Ek kyk die nag se wit asem branders agterna
terwyl dit wegsmelt in die dal se oseaan
en die dag kom aansit vir sy dag se maal
en ek vir sommer net die son laat glimlag in my oë

Ek maak die kombuisdeur saggies oop
as jy in die kamer roer
gaan trek die gordyne op die voorstoep oop
en wag dat jy by my kom staan
terwyl die son se glimlag uit jou oë straal




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed