Jongste aktiwiteit:

Die skrywer

Die skrywer…

 

Hy skryf oor die lewe, sy skryf oor die liefde. Die ander vrou oor gister, die jongman oor môre.

 

Daar is die skrywer wat gaan verdwaal in groot woorde, die gewone een wat skryf dit wat die hart vertel.

 

Die leser voel hoe die woorde praat. Soms is dit vir ander ’n dooie pragvers.

 

Skryf is soos liefde sonder ’n sprokie, ’n verhaal wat iewers binne die skrywer spook.

 

Sou jy almal se skrywes in ’n bundel plaas,

ontdek jy telkens ’n ander mens.

 

Almal droom en verloor. Tog is daar iewers hoop en ’n hart wat breek. Terwyl hulle lag, kan hul ook huil.

 

In ’n bestaan van hul eie kleur die skrywers die wêreld vir ander met woorde in.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed