Jou geskenk …
ek het baie lank gedink
oor die geskenk wat ek vir jou wil kry
soos ‘n toffie het ek daaraan gekou
want dit moet langdurig jou hart verbly
ek het oor rooi papier
en hartjies oraloor gedink
en kersligetes en ‘n poeding
en sjampanje wat in glase blink
maar toe neem ek ‘n besluit
glad nie ligtelik, sou ek sê
ek gee jou my HART, my Lief
maar ek sal joune in ruil moet hê
7 Kommentare
-
-
Kiekies
Lekker vrolike goedvoel gedig!
-
Ch Nel Venter
Beste geskenk. Goed geskryf
-
Anze
Ek kan aan geen beter geskenk dink nie!!! Dis pragtig Borrels!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Dis nou mooi gestel borrels