Steurnis in die nag
Ek staar na die dak en luister,
luister na die niks wat op my gil.
Die vertrek is donker,die hele huis, stil.
Al wat ek hoor is die stilte se fluister.
Die dikdonker word dikker,
die stilte wurg my.
Nog ’n nagrus daarmee heen
as die slapeloosheid oor my reën.
12 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Rusteloosheid hier mooi beskrywend gepen. Ek dink een of ander tyd spook almal hiermee.
-
borrels
Soms raas die stilte harder as 'n lawaai.
-
Anria
Beskrywend geskryf. Well done!
-
Anze
Ai jy beskryf die gogga van slapeloosheid so perfek! Puik gedoen
-
Cornien
Voel of ek in daardie donker kamer sit, goed gepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Oi mens, ken ek dan nie sulke nagte nie! Puik beskryf!!