Jongste aktiwiteit:

Vanuit die wolke

Hier bo is alles anders
Ek wens ek kon dit bêre vir jou
Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes
en vir altyd dit so onthou
Hier bo is alles georganiseer
en alles lyk so klein
Groen lappe tussen die bruin
en haarlyn padjies wat alles skei
Hier bo lyk dit so aanloklik
en alles is na-aan mekaar
Die mensdom se sware besTaan
verander so radikaal
n vorm vir alles bepaal
Riviere vloei breed en vol
en van die droogte weet mens niks
Geskape deur ons God en Heer
Dis asemrowend
Sy geskenk en lewenskus
Hier bo sien ek dinge so helder
en Is die lug maar dun
geen dier of mens of hartklop,
dis n lugkaart wat lewe lok
Ek sien kloof en berg een word
en die vlaktes wyd en oop
Ek sien dons wolke en ook digtes
vars, nuut en vol hoop.
Hierbo is dit vry van mens
van onlus, hebsug en tereur
Daar lê duidelike grense,
tussen dit wat die mens nog moet leer.
Plase en dorpe lê hier aan die vaal
goed beplande stukke aarde
sal geen onreg dan bepaal.
Hier bo word drome waar,
die mens het geleer om te vlieg
Hier bo kan ons pyn maar stuier
want ek weet sonder twyfel;
Ons Heer het ons lief




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed