
Herfsharte
Soos moedernatuur seisoenkalender blaai –
so ook ons gevoelens wat wild skoppelmaai
soos droë bruin blare, ritselend breek
kraak seisoene in harte wat weer ontwaak
met aanvang van rukwind, wat blare pluk
hul rondomtalie laat dartel
tot waar hul ‘n eie lêplek
in die boomkoelte vind
Vorm skilderkwas van natuur
ineengevlegde herfstapyt
verkleur harte na geel en bruin
verloor ook so kleur mettertyd
maar daar is eens ‘n nuwe begin
want soos amber rus ons liefde
in afwagting dat dit weer ontspring
Soos uurglas korrel- leegtap
vorm hark ‘n kosmoshoop
natuur nou heel kaalgestroop
van rooi,geel,groen en bruin
in ons binnehart se bleekblomtuin
word daar dan op vaalgrys geloop
Maar die lieflike, koel lente
is binne bereik in ommeswaai
want kyk,net daar om die draai
is soveel sorge en hartseer
lankal reeds ver weggewaai
bot nuwe bloeisels stewig sterk
as Hy self met ons binnetuin werk
10 Kommentare
-
borrels
Pragtige natuurbeelde Evelyn
-
Viooltjie
Oed gedoen, Evelyn :-)
-
Anze
Baie goeie aanwending van die tema, puik beelde gebruik Dankie vir jou pragtige bydrae tot die Herfs projek
-
Cornien
'n Woord skildery, pragtig!!
-
Amaspoke
Pragtige skrywe.
-
Helena Mellet
Flippit! Ek voel (beleef) die herfs in jou gedig! Baie mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Evelyn dit is n treffende gedig met n ewe treffende foto