Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Donkerrooi steen

Deur Anria
Datum gepubliseer: 17 Maart 2016 Aantal woorde: 83 985 Kere gelees 13

Gisteraand het die maan ontplof
dit was ’n helder slag
soos die flits van ’n kamera
in die nag …

al wat nou oor is
van die maan
– ’n donkerrooi steen
wat gebroke in die donker lug hang –

Die slag se krag
was so sterk
dit het tot op die aarde gestrek
en my teen my bors getref

… en waar ek nou
op die koue grond lê
is al wat oor is van my [hart]

– net –

’n donkerrooi steen.

© Anria (22/02/2016)




TEMAS
11 Kommentaar
  1. Desiréé

    17 Maart 2016

    Besonders Anria … ek sit dit op my gunsteling lysie.

  2. Anze

    17 Maart 2016

    Anria dis ongelooflik mooi!!!

  3. Somerreën

    17 Maart 2016

    Net soos jy dit kan vaspen ☺
    Mal hieroor. xx

  4. Kiekies

    17 Maart 2016

    Dis fantasie-fantasties!!

  5. neels

    17 Maart 2016

    Anria se werk verbeter by die dag

  6. Evelyn van der Merwe

    18 Maart 2016

    Prag-opbou na onverwagte, teenstrydige slot. Welgedaan.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 218 gaste aanlyn

Bydraes – Argief