Jongste aktiwiteit:

Verdwaalde waarheid

Verdwaalde waarheid…

 

Elke môre groet hy die dag met ’n glimlag breed.

 

“Altyd goed,” is hoe hy die mense in die strate groet.

 

Tuis neem hy sy hoed in sy hande, gaan sit op sy stoep.

 

Liewe Heer, U voëltjies vreet my oes, U reën is besig om doer ver plekke te verwoes.

 

Nee, Vader, ek kla nie, maar ek vra …

 

Voed U natuur uit my tuin, seën ander met U fontein.

 

Tog, Here, kort my hoendertjies ook kos, my aarde ly ook dors.

 

Is daar ’n boodskap wat U vir my wil leer? Help my dan om dit te lees, sodat ek U weer vir ’n wonderwerk kan eer.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed