Die taal van wysheid.
Uit die mond van die suigeling sypel waarheid net soos die hart van ‘n grysaard die taal van eeue oue wysheid praat.
Alles in die lewe spreek van gejaagheid.
Verby vliet die pitstop van stilword, oorweeg, bedink…
Reisiger hoe lank sal jou reis nog duur? Ken jy die tyd? Is jy gereed vir daardie laaste uur?
‘n Magdom van woorde het reeds jou ore bereik…
Het jy hulle geskryf op die tafel van jou hart?
Eendag nie ver van nou staan ons almal daar. Elkeen vir homself…Is jy gereed vir die uitspraak?
Slaan ag op die taal van wysheid. Luister na die suigeling…
Eendag sal jy graag die lied van verlostes wil sing.
Staan by die pitstop en bepeins.
Jou keuse bepaal die pad waarlangs jy sal loop.
Ook jou paadjie moet ten einde spoed.
Verstaan die taal van wysheid.
Die nag het ver gevorder…
Die rooidag wink jou nader.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek