Jongste aktiwiteit:

Oë se Blues

Jou oë vertel ‘n verhaal
Hulle raak leweloos sommer grys-vaal

Jou oë vertel die hartseer
Jou walle gee in, dit is moeg gekeer

Jou oë soek geselskap
Of net voete wat saam jou die pad stap

Jou oë verdwaal graag
Weens jou siel se vernietigende plaag

Jou oë sing ‘n sad song
Jou woorde raak stom oor jou tong

Jou oë ken pyn
Dit is jou lewende mantra se refrein

Jou oë soek vir meer
‘n Hart met helende hande vir die seer

Jou oë vertel my jy is myne
So kommunikeer siele met sterk seine

Kom stort trane uit oor my hart
Kom deel jou glimlag se smart
Kom loop saam waar ek wandel
Kom hier dat ek die pyn behandel
Kom sing vir my jou seer song
Kom laat ons dans asof ons belong
Kom soek vir jou ‘meer’ binne my
Kom dat jou groen oë in my siel bly

Kom met daai refrein se note, oor en oor
Kom met jou oë se als,voor ek jou verloor

© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed