Jongste aktiwiteit:

Dankie oom Koos vir Lisa se klavier.

Dankie oom Koos vir “Lisa se klavier”
(‘n Huldeblyk aan Koos Kombuis)

Ek bly al ‘n rukkie by die ver blou see
My drome dwaal oor Tafelberg saam die mooiste melodieë
Die note bring ons uit ons goedkoop huise, nader aan die dooie pad
Helder maak haar vingers die bekende koue swart
Haweloses se ergste vreugde, dit gee note vir ons grootste smart

Ja my bleek wêreld raak stil
Hoe helder raak die donker uur
Dans stukkende skoene op die mooiste geluide
Van ‘n slaaplose, wandelende klavier

Dit hou nie op nie, dit sing my aan die slaap
Dit hou my geselskap met my eerste trek
Van my laaste gerolde twak
Boemelaars glimlag vir mekaar, elk op sy eie balkon
Skink ons, met ‘n witbrood onder die arm in leë blikkies ons ‘arm mans tee’
Terwyl ek op kyk na Kaapstad se aand sterre
Hoor ek die golwe dans op die note, dit ontwaak die water van die pik-swart see

Ja my honger werêld raak stil
Ek maak vrede met die koue oggend uur
Veillig en warm onder my kingsize karton,
Hou sy waak met haar slapelose klavier

En bo teen die ‘regte huise’ ver van ‘n koue sypaadjie, hoor ek note wat dans
Dit gee die mooiste kleure aan ons eenvoudige donker oranjestraat
Hul weet presies waar hulle my sal vind
Hulle ken geen tyd, dit luister laat na twaalf as my hart hoe-okal moan
Waar ek lê in die aand se skaduwee is my deur vir hulle altyd oop
So bring Lisa aan elke boemelaar ‘n smilende droom

Ja die hele straat gemeente raak stil
Ons luister in ‘n onbekende uur
Minder bang vir die nag se geluide
Wieg ons vreedsaam tot ons slaap
op die note
van oom Koos se vriendin Lisa
En haar slaaplose klavier…




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed