vestani
ees was ek te donke my lani
nou is ek te wit ek vestani
my hart en siel gewêk
gegraaf en spit
dagha gemix
klippe geswaai
gepleiste lat waai
blokke gegooi
en shoffel
geswaai
maar nou
word ek ignô
soes enige straat whô
wie sal vestaan
waar ek noe staan
©Teárlach
(N.a.v stelselmatige uitdruk van werkers in die wes kaapse bou mark)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Ek vesta goed! Was maar slegs kort anni Kaap. Maar dis 'n klagelied wat ek dikwels in verskillende weergawes gehoor het. Wie het 'n oplossing? GvT