lentevreugde (Silwer)
die eerste belowende klanke van die lente se lieflike lied laat my ~ heel uit pas ‘n baldadige dansie dans op die postlude van die kwynende winter
As die Jakarandas bloei.
Jakarandas wat in volle swang hul purper-pers gewaad dra, laat my spontaan glimlag. Die skildery op die doek van Oktobermaand is so ongelooflik mooi. Ek sukkel om my bewondering te verwoord. Ek stop in die laan en klim stadig uit my motor. Ek stap oor die pers tapyt van Jakaranda blommetjies wat gestrooi is oor […]
vreesloos haweloos (SILWER)
vreesloos haweloos net die winde weet wat weemoedig waai as jy jou gesig so laggend na die son draai jy, o sigeunervrou dansend in die wind weet waar jy vreesloos jou vrede vind hul spense loop oor van spys en drank vetgevrete grootkoppe sonder dank met swaaiend heupe op maat van musiek vermaak jy vrolik […]
Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
Harmonie
musiek akkoorde vry in aantrek kamer om harmoniese klank uit staal en hout in blaas en stryk te vind lig verskerp na maestro podium gekrabbel oor kleredrag kommittee aanvalle verstil van vooraf na uitgang ń stokkie lig vir gemeenskaplike stilte individuele note hang, die val sal harmonie bring klank verval in lawaai sonder oë op […]
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
Klank Grens
pylstele hang aan ses drade biltong stukke vasgehak met vreemde punte, klankloos droog in die wind vasgevang op papier die musiekstuk note strak gerankskik sit draad, voëls op hok sonder enige sang sinapse spring hamertjies kap perde hare krap koper lippe klap papier notasie na klank biltong ledemate dans
Nessun dorma (silwer)
‘n Onbekende prins wil sy naam betuig nietemin sal geen sag slaap; ‘n stem streel die kykende sterre oorwinning, oorwinning helaas! Die tafereel is geset vir komplot soos ‘n gehoor die nag in betoor en wyn klink en skink voor dagbreek sal die prinses almal bedink nostalgies soek elke oog en oor tussen ritsel en […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 26 – Die Einde
Hoofstuk 26 – Van hier tot in die Hiernamaals ʼn Week later wanneer hulle vier rustig na middagete in die sitkamer sit, weet Zuluika, sy en Mauritz kan hulle troudatum vandag bepaal, al die twyfel is weg. Sy weet sy wil Mauritz ook nie meer elke aand sien wegstap van haar af nie, want sy […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 25
Hoofstuk 25 – Die Som van Liefde Die wag op die lughawe met haar hand in die van Mauritz, en Cordier wat op sy skoot sit, is vandag gestroop van enige vrees, net gevul met ʼn wonderlike vooruitsig om haar moeder te sien, haar warm liefde teen haar te voel, en in daardie pragtige oë […]