vreesloos haweloos (SILWER)
vreesloos haweloos
net die winde weet wat weemoedig waai
as jy jou gesig so laggend na die son draai
jy, o sigeunervrou dansend in die wind
weet waar jy vreesloos jou vrede vind
hul spense loop oor van spys en drank
vetgevrete grootkoppe sonder dank
met swaaiend heupe op maat van musiek
vermaak jy vrolik die breë publiek
haweloos jy as jy onder kartonverblyf
hunker na familie, maar jy is afgeskryf
ons is almal die een soos die ander
jy was ook eens beeldskoon skrander
mag ons nie vergeet in ons uitroepgebed
dat ons Vader al is wat ons almal kan red
©Marlene Erasmus
27/05/2022
3 Kommentare
-
morne du preez
Ons ry verby mekaar met ons opinies oor ander in 'n wêreld vol kritiek, die verkeerde soort kritiek! Maar as ons uitkyk met 'n oop verstand en gloeiende hart mag ons tog dalk kan verstaan die lied van smart in ander, en juis dan dalk kan ons vir 'n oomblik ook onsself raaksien. Die gedig beeld vir my dit uit, ons kan nie respek toon sonder empatie nie, en wat het van ons "menswees" geword, dankie dat ek kan kommentaar lewer op hierdie werk van jou, ek het geniet om dit te lees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek