
Hadidas
oor georde huise rye
vroeg oggend en
middag laat
opstaan en gaan slaap
breek die hadidas
die beton oerwoud oop
in elke klein groep
skree altyd een
teen die orde
dat in werklikheid
die wêreld vol
wurms is
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Ek vind jou slot uiters snaaks en gepas, 'n maandag opkikker gewees vir my.