Klippe oor die berg
Klippe oor die berg …
Sou die lewenspad maar net reguit wees sonder kronkels, afdraaie en tonnels. Berg en dal raak môre iewers weg.
Berge lê voor met wolwe en drake wat my wil vermoor, my self op die pad laat verloor.
Swaar klippe lê langs die pad, party laat my struikel, ander laat my val …
Dan die wat my hand wil vat …
Ek is bang, want hoe moet ek die donker vreemde vertrou, die voriges het uit my hand geval.
Nie elke berg is ’n stryd nie, my kind, soms moet jy die moeilike klim om jou môre se mooi te kan sien.
Nie alles in die lewe is drake nie. Jy is ook ’n klip wat op ander se berge dien.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.