Ou Koos
Ou Koos …
Sou jy hom dalk iewers gewaar, sou jy hom dadelik herken.
Die man lyk soos ’n brak wat op die straat kan woon.
Benoude vrons oral oor sy gesig. Snor en baard maak stry oor wie die beste deurmekaar kan staan.
Sou jy hom groet, kan die ou siel behoorlik knor.
Gee jy vir hom ’n antwoord wat hy nie graag wou hoor nie, kan hy gou-gou gelukkig net met woorde byt.
Tog, daar waar niemand kyk, beskerm hy die ander straatbewoners …
Saans, as die strate stil sou staan, sit ou Koos Straatbrak selfvoldaan … hy het gebly leef om dalk môre weer op te staan.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.