Die gedig is vir ouma
Die gediggie is vir ouma
ek het ‘n nuwe ouma gekry
en ek moet sê –
ek is vrek lief vir haar
elke keer as ek haar sien
ontmoet ons vir die eerste keer
alweer
Die gediggie is vir ouma
Al is ouma nou anders
Onthou ek wie ouma was
En weet ek dat ouma se liefde nog dieselfde is
Ouma is vasgebrand in almal
Ons dra stukkies van wie ouma was
En ons sal altyd daaroor lag
Die gediggie is vir ouma
ek het ‘n nuwe ouma gekry
en ek moet sê –
ek is vrek lief vir haar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Eduard Smith
More Niel, dit is 'n pragtige vers vir jou Ouma. Kyk bietjie na die spelling van 'lief' in die eerste en laaste strofe. Mooi gedoen!