Spokewals
Wanneer ‘n vis
op sy rug in die dam dryf
asem boggel die padda
deur ‘n modder gebarste poel
Op sy watergat’pad na rus
en stil vis om hom heen
probeer hy vir oulaas
van die maanlig drink
Die wind fluister
‘n melodie van hoop
en toe hy
sag oor die padda se kop streel
dans hy ‘n spokewals alleen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.