Die wonder van Kersfees.
Die wonder van Kersfees. Dit is amper Kersfees. Vir my is en bly Kersfees ʼn wonder, maar ongelukkig het die wêreld hier wondergebeurtenis kom verander in tyd vir vakansie en geld spandeer op onnodige dinge. Die “blink wonders” in winkelsentrums en op televisie het ons blind kom maak. Blind vir die ware Wonder wat gebeur […]
My doringhart vlinder-vry
Toe jou sagte glimlag my bereik het my hart snellend posgevat gesweef op ‘n maanvlinderpad word die stratosfeer ‘n nuwe koninkryk want die grond van my hart was bevlek hard en vlak met dorings oortrek. ©Z.Kochk
Hier is huis
Hier is huis (Brons) waar my bed is en my vrou daar is huis, het jy altyd gesê nou’s ons bed nog hier en ek maar sonder jou tog is dit nog huis voel ek hier tuis tussen ons storiegoed tot ons weer ontmoet by die hemeltroon wil ek hier woon met ons bed en […]
LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
Die reëngodin
Die reëngodin gooi haar spierwit mantel om haar lyf Sy gaan staan op die hoogste berg, en wag vir die reën Sy voel hoe die ekstase in haar opbruis, toe die eerste druppels skaam-skaam met ‘n soen oor haar lippe streel Soos hemel’sagte trane rol dit teen haar wange af Sy gee haarself oor aan […]
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie
Seën (Silwer)
reëndruppels wat op my wange beland is soos teer soene van ‘n hemelhand as ek my oë sluit en intens luister hoor ek serafs hou ons liefde instand. © Zebulon Kochk Zebbiekaans
Reëndruppelseën
Daar’s geen droë oog in my Godshuis nie net ‘n juigkreet van engele wat dans op hemelmusiek soos die maan in die naglugruim sirkelloop om die see wat sy garing afrol tot by die kus. ©Zebulon Kochk Zebbiekaans.