Jongste aktiwiteit:

Die wonder van Kersfees.

Die wonder van Kersfees.

Dit is amper Kersfees. Vir my is en bly Kersfees ʼn wonder, maar ongelukkig het die wêreld hier wondergebeurtenis kom verander in tyd vir vakansie en geld spandeer op onnodige dinge. Die “blink wonders” in winkelsentrums en op televisie het ons blind kom maak. Blind vir die ware Wonder wat gebeur het vir ons redding. Tydskrifte en winkelpamflette wemel van alles wat te koop is en die mensdom gaan in ʼn koop-manie in. Hoe groter, blinker en duurder is die norm van die tyd.

Die norm van moderne mense se belewenis van die seisoen is ʼn verkragting van die wonder van Kersfees!

Vir my is die wonder: liefde aan ons verklaar, ʼn geskenk van ons Heilige God wat sy Seun gestuur het vir ons op aarde. In die sigbare gedaante van ʼn baba wat aarde toe gekom het sodat ons deel kan hê aan Hom en sy groot genade.

Die ware rede vir Kersfees: die baba in ʼn stal wat die wêreld kom verander. Al is Jesus in die eerste eeu van ons tyd gebore, is Hy tot alle eeue ʼn werklikheid.

Mag ons bron van ware en vreugde en vrede hierdie Kerstyd diep in ons binneste leef! Daar is geen ander blywende vreugde vir ons nie. Kerstyd sonder Jesus is ʼn vals feesviering sonder doel.

Ek en jy kan egter nie self die vrede bewerkstellig nie, daarvoor het ons Jesus as ons verlosser nodig. Net Hy, en Hy alleen vir ons aanskoue om die ware engelekore te hoor. Sy lig verdryf die duisternis in die wêreld.

“Want ʼn Kind is vir ons gebore, ʼn Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid.” (Jesaja 9:5-6)

Mag jy ʼn ware Christus-fees beleef hierdie Kersfees.

©Marlene Erasmus
30/11/2022

*Afrikaanse Bybel 1983 uitgawe




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed