Jongste aktiwiteit:

KONFESSIE (goud)

By jou
kon ek nog altyd
die ligbelaaide hand
van die son
oopmond soen
dans in die reen
wilde winde met my kaal hande vang
want ons het weerskante toe geweet
dat ons deur ruimtes sou reis
dat ons groot kon droom
en die weerkaatsing van ons woorde
soos eggo’s sou sweef.

By jou
kon ek nog altyd
sterre uit jou hemelruim pluk
dit om jou lyf snoer
want ons het geweet
dat jou hande sonder kwaad was
dat jou lippe my kon vertaal
dat jy my van ou wonde kon sedeer
omdat ons kronkels saam
kon eb en vloed
al was die nag
soms baie duister.

By jou
was ek nog altyd tuis
en kon ek nog altyd
glo dat liefde
soveel meer
as net ‘n geloof
kan wees.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed