
omdraai
–
uit die verlede
groei daar die hede
alles vergewe
en vergeet
–
op die ou plaas
daar by die moerbeiboom
daar het ek lewe gevind
soet en pers op my tong
–
lewe was soms saai
telkens die ewige koebaai
tot daardie jaar op kromdraai
wat gelei het tot omdraai
–
van voor begin
tot half gewin se vlaktes
het my siel geswerf in pyn
in die ewige omdraai
–
nou is daar geen omdraai
slegs die vandag en dalk môre
want die uurglas loop uit soos
die brander teen my kuit
–
©Teãrlach
6 Kommentare
-
HemelBesemReus
Sjoe, jou skryfwerk prikkel heimwee.... Van ongekompliseerde plaaskind dae, grootword, spyt, teleurstelings, pyn en terugkyk en die groeiende besefwording dat ons eintlik net vandag het Baie mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek