Jongste aktiwiteit:

borrel


die lewe druis in my
van vroeg af kom die droom
van nuuts af hardloop ek vry
niks wat my op aarde vashou
selfs nie die afgeleefde lyf
stuit my meer nie

my gees is vrolik
die oggendson se strale verlig my
oranje strepe van genot speel oor my
uit elke voëlgeluid put ek meer krag
van die meeu se skril geroep
tot die mossie op die stoep

douvoordag se gedagtes priem
dit skeur die voorhangsel oop in my hart
selfs die donkerste drome van die nag
raak vinnig weg soos mis in die son
helder klink Sy vriendelike Woord
kom na My Ek sal jou vrede gee

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed