Jongste aktiwiteit:

vaartuig

 

 

in my eerste tree

uit die vlottertuig gebore

was die oorgang van water

na droëgrond soms sanderig

met tyd het die vaartuig

in voertuig verander

soms gedobber

op die see

van ‘n

ontstuimige

see

nou begin

die vaartuig

kenmerke van

hommeltuig aanneem

wat wil uitbreek

wye ruimte wil

invaar

oppad na

iewers

waar

daar rus

is

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed