stilstorms (Silwer)
maste van my lewenskip
skerts oorbodig
oor kragtige winde van beproewing
splintervars soutspatsels op my wang
fluks kloof my boeg deur deinings
kiel en spante suile van my siel
ek sal nie kantel, want Hy is met my
bly loefgierig in die soene van die wind
só sal ek die loef afsteek
teen vergaderings van golf en wind
glad spoel golwe oor my weerdek
met sloep of karveel skeel dit veel
ballonseile sus die wind
appelleer met vlugtige skuimpluime
in misnoeë met bedaarde spel
deel beproewing nog ‘n hand
© Francois Meyer Desember 2024
Loefgierig – honger vir die windkant
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek