Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

GEDAGTES se profiel

  • sonder die bril van Covid
    ervaar jy weer kleur as jy bid
    proe jy die sonskyn;
    verstaan die storm se lyn

    kreukels van inperking
    rafel aan vriendekring
    torring aan vertroue
    wat verbrokkel in[…]

  • die laatoes van kleur
    plof grof in wagtende stof
    ets iets van afskeur
    in die atmosfeer se skof

    sigbare vreugdegeur
    teen die kontras van koue lof
    skilderdoeke swanger met fleur
    as geleenthede degtig[…]

  • druppelgenies vrou

    elegant in vloed
    vloeibaar in veranderlike
    stort sy deur verlange
    kommer en drange

    rein
    mosverdiend
    in varingprag en praal
    ietwat riskant sterk

    seisonaal geraam
    in[…]

  • in die swerfjaar van Ferguson
    ploegvoor vyf in die turfland
    was my ploegskaar verpand
    toe ek vasval op Morgenson

    my ratkas het gekrap van woede
    die aanklag die begin van saaidag
    geen poging om stuurstroop[…]

  • in houtdorstige spel van stroomsproei
    wemel die blydskap oor baldadige mosgroei
    volhardend jubellend kabbellend
    ‘n drenkeling wat sopnat, bibberend stoei

    oë gretig gerig op toegewyde[…]

  • langs die hoofpad van omgee
    staan die takke trio trots
    dog bekragtend strak afwagtend
    op die maan se silwer voeteval

    dans in die glans sonder jou lans
    die sinnebeeld is onverdeeld
    binne die geelstreep[…]

  • peukelgenade kerf ‘n leivoor in my siel
    aandadig in die evangeliewiel
    afwagtend op die Bruidegom se koms
    sal óns waardig of aardig voor Hom kniel?

    finaliteit berg tyd in die sekondeskuur
    elfder en[…]

  • koekoekbeleid
    (brons gradering)

    kru krake krit
    die soveelste kalendersnit
    as die vloermoer vir gunspolitoer
    stil stol met paaseierwit

    die damkerk volg haasstarrige waarheid
    leuens wat eggo in leeg eier[…]

  • GEDAGTES wrote a new post, terugblik 6 maande gelede

    die rotse val om ‘n herstelde Simson
    sy lokke van getuienis streel oor sy skof
    Jefta traan oor onverskillige beloftes
    en Gideon se bende verminder

    Debora se tentpen behaal ‘n oorwinning
    Jonatan stuur Dawid[…]

  • op die woordbank
    pluis ek gedagtes uit
    geduldig gedienstig gedweë
    om brose kroos te troos

    gekose vokale vloei op die tong
    deftig in ‘n diftong of twee
    sleurend met ‘n lang klank
    of snikkend[…]

  • in die nadraai van slaap;
    die onvermoë om saam te waak
    golf die inhoud van die wet se wraak
    om in bloedsweetangs Sy krag op te raap

    die hoogwater van Sy Vader se woede
    spoel oor die vrywil van Sy[…]

  • sekondes sekondeer sekerheid
    van tyd tye en tuie
    gulsige suip teue wat
    mistig teer op die donker
    van onsekere tuimelvalle van bestaan

    mistrane uit misvormde misverstande
    versuip in die valse sproei van[…]

  • in my eensame woud
    van vuilgeel bruin en gekulde groen
    was blare wat val
    die tapyt van verlange

    jou oë was die som van die dageraad
    jou hare vertolk die melodie van die wind
    jou glimlag soos die omgekeerde[…]

  • gister se okkerneute
    lê gekraak in lewensgeute
    beurend sleurend versteurend
    met ‘n lag of traan opbeurend

    die reuk van taai kiekies
    reukwater en liedjies
    gee my snuf in die neus
    as ek dans met my[…]

  • in die glinstering van glimmende glimlagte
    is vrede ‘n onverdienstelike verwagte
    toe konsternasie
    ietwat plek maak vir spasie
    trane uit verskillende oorde
    ‘n weersiens uit verlangeboorde
    ek het jou gemis
    die[…]

  • ek wonder oor diensbaarheid
    by ‘n reëndruppel leer ek waarheid
    by sy spat
    word alles nat
    onbaatsugtig is dit nie?
    of ons dit betyds leer weet ek nie?
    © Francois Meyer

  • ‘n Besonderse skakering. Ek lees dit weer en weer.