Jongste aktiwiteit:

spektrum (Silwer)

sekondes vul herfs se palet
met vars gebeure en geure;
roep jou tot halt om op te let

minute gun blare ‘n volkleur ballet
dalk om te treur of om op te beur?
niemand kan hul dié dans belet

ure sleep voort met geen violet
bagger diep deur somer se fleur
verstard na ontklede houtskelet

dae verouder oor ‘n skadu amulet
gegrief deur trane wat harte steur
dit is tog deel van herfs se koeplet

weke verouder soos ‘n kleitablet
gekeur om seisoene te skeur
diensbaar trots met kleurpoulet

Meimaand is deel van ‘n kleurfilet
verbeur die seer om na te speur;
bly die skepping se mooie amulet

© Francois Meyer Mei 2025




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Koos Elsum het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak