
Blou poffer dans #brons
Blou poffer dans
Van pyn tot pille het jul my gedryf
twee afkop toontjies onder aan my lyf
ek pirouette nou soos ‘n wafferse flamink
en twiet verbete soos ‘n eenpootvink
ek doen die skuifel skuifel dans
met windpomp arms vir balans
ek jaag resies teen lui slakke
en krap vir kos op die onderste rakke
my geselskap die skadu’s teen my kas
in die deurkosyn hak my wiele vas
troon besoek ‘n uitdaging van sy eie
en die asem hyg soos ‘n swerm bye
die buite wêreld nie vir my beskore
voet in die lug luister ek na voëltjie kore.
Met my blou poffer voet hou ek net net moed
hier waar sonnetjie my tussen die lakens ontmoet.
Christa Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek