Ek skryf (weer) vir jou (2) …
wanneer die vroegaand skemer
oor die Sondag kom hang
dis die tyd wanneer ek altyd
die meeste na jou verlang
dit was die tyd wanneer ons
stil net saam sou wees
as jy lê met toe oë
en ek gedigte vir jou lees
en as die donker dan
die skemer oorval
sou ek jou sagkens soen
‘n telke maal
jou hande sou my dan
styf vas teen jou hou
jy sou my beskerm
teen elke kou’
maar nou is dit donker
en die skemer is heen
en jy is nie by my
dis net ek alleen
maar as ek hier skryf
weet ek jy sal my hoor
ek het net jou lyf
nie jou hart verloor
6 Kommentare
-
-
Anria
Ai. As ek al weet wie 'n gedig geskryf het, deur die titel te lees ... beteken dit jy het in my hart ingeskryf. Dis pragtig mooi. Jou rymwerk en ritme is altyd perfek!
-
Somerreën
Geniet jou gedigte baie borrels. Stem jou ritme is altyd perfek en ek leef my altyd so in....
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
borrels op haar beste met hierdie treffende werk