Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Briewe

Flentervrou

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2021 5

Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay
haar skoene flenters
haar klere maande laas gewas
sy vra vir brood toe ek verbystap
haar oë is leeg

en ek wonder
hoe leef mens só met niks
in die afwesigheid van alles
tussen dorpsvoëltjies
en ander legends
op ‘n plek
waar niemand jou raaksien nie.

© 2021 Caren Kearley
Kopiereg…

Digter & Skrywer? Lees hier – Ink Moderator

Deur Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 7

Ai, my lieflinkies

As `n Afrikaner, is een van die moeilikste dinge vir my om toe te gee dat `n Engelsman dit reg het. Sir Arthur Quiller-Couch het tereg as hy skryf “Kill your darlings“.

Dit beteken nie jy moet nou kombuislaai toe stap en die skerpste mes soek vir `n…

Ek hoef nie poësie te verstaan nie – Ink Moderator

Deur Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 7

Hokaai bietjie. Dit is `n baie uiteenlopende mening, en voor ek in `n strafinrigting geplaas word, laat ek die titel hiervan verduidelik.

Die vraag ontstaan by my, elke keer as ek gedigte moet evalueer, wat is die belangrikste oorweging? Is dit belangriker om te verstaan óf om te interpreteer?

Ek persoonlik…

INLIGTINGSTUK: Stergradering, Projekte en Slypskool

Deur Datum gepubliseer: 12 Mei 2021 15

Beste INKers

Die bestuur het dit goed gedink om ‘n paar huishoudelike veranderinge aan te bring. Dit is natuurlik op hierdie stadium steeds oop vir julle opinie, en daarom wil ek julle by die aanhef hiervan uit nooi om daaroor te kommunikeer indien die voorgestelde wysigings verwarrend blyk te wees.
Die…

Ons Omgang met die Wêreldwye Pes

Deur Datum gepubliseer: 6 Mei 2021 3
In April hoor ek van 'n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 238 gaste aanlyn

Bydraes – Argief