Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: LAASTE VERS (goud)

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 21 Augustus 2022 Aantal woorde: 55 168 Kere gelees 5

En snags as jy droom
en die nag haar arms om jou vou
sal jy my laaste
vers aan jou ook onthou
die een waar ek bid
dat jy weer heel moet word
veral die strofe
waar ek wens
dat jy my sal kom haal
en my huistoe sal vat.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    22 Augustus 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek

  2. Koos Elsum

    25 Augustus 2022

    Ja en so verlang ons almal. Dankie vir gedig

    Die laaste reël miskien nie nodig dan is die ritme beter & die gedig wyd oop vir leser se eie verhaal. Net my opinie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 202
Kommentaar telling: 34

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Pharos - Trotse borg van INK dig/skryfkompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 221 gaste aanlyn

Bydraes – Argief