Jongste aktiwiteit:

Sy is vrou

Sy is vrou

 

Van kleins af word sy geleer hoe om te sit of staan, hoe om reg te lag en die afvee van haar traan.

 

Ouer geword, altyd netjies op jouself. Hare word gedoen, bene kaal geskeer. Gesig word ingekleur.

 

Die beste moet sy wees, titel vrou moet sy dra en later selfs ook ma.

 

Pleisters plak en seer wegsoen. Haar eie trane word gebruik om die familie skoon te was.

 

Tog word sy eendag ’n gebreekte kruik, almal het haar as vrou gebruik.

 

Tussen al haar barste en krake gee sy steeds die beste wat sy kan.

 

Skoonheid het sy verruil vir lyne van ’n lewe geleef. Al wil die lyf nie meer die lewe saam met haar dra, dra sy steeds haar titel as vrou en ma.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed