Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders
aan die soom van die westewind –
volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang,
roesbruinprisma dwarrel,
spiraaltuimel na benede;
dit is herfs –
en in die knypwindjie
sluimer ‘n melodie
van somerbeloftes
in skaamrooi laggies
wanneer die blare tuimelval
3 Kommentare
-

Elizabeth
Pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek