Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Immergroen Fatsoen

Deur Wendy Leigh
Datum gepubliseer: 27 Augustus 2021 Aantal woorde: 159 93 Kere gelees 2

IMMERGROEN FATSOEN

In die kringloop van droë seisoen na seisoen
wil herfs homself weereens met winter versoen
hy skud sy bruin jas leeg
drapeer met uitgedroogte blare wat aan hom vaskleef
een vir een val dorheid na die grond
eens gevul met chlorofil nou ‘n vervalle bont

soos met vlamkwaste ingekleur
lê ‘n silwerskoon skilderdoek voor ‘n nuwe seisoen se deur
boomverlore word blare op hope gevee
swerm voëls wat op die maat van ‘n hartseer noot migreer

hoe wens ek vir huilende blare ‘n immergroen fatsoen
waar rondfladder drome eerder kon vermiljoen

was ek maar ‘n blaar
sou ek myself dekkleed met immermooi
pronk tussen bloeisels in damaskusrooi
vredevolle lirieke opgaar
hang aan takke waar vreugdesang uit my wese vaar

ek sou woorde saai
lewenslustig rondwaai
met my groen bruidsrok
‘n ewige seisoensverbond aflê
nietig nooit gekoppel wees aan die groot ou klok
waar tyd geen sê
oor my bestaan in ‘n omwenteling kon hê

©️Wendy Leigh




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    27 Augustus 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek

  2. Elizabeth

    29 Augustus 2021

    Lieflik Wendy!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 3
Kommentaar telling: 1

Wendy Leigh skryf graag onder haar skrywersnaam en skryf sy al vandat sy kan onthou. Sy het egter eers aktief begin skryf sowat 3 jaar gelede en in haar opinie is dit te danke aan die pad wat sy moes stap. Skryf bied haar die vryheid om haarself passievol uit te druk en dien dit terselfdertyd as terapie wanneer sy uiting gee aan haar emosies. Persoonlike ervarings sowel as haar verbeeldingsweë dien as die dryfveer wat haar die vermoë bied om woorde moeiteloos neer te pen. Sy is gaande oor die Afrikaanse taal en streef sy daarna om meer en meer daarvan soos 'n spons in te trek om uiteindelik al haar skrywersdrome 'n werklikheid te maak. Haar hoop is volbring as haar skrywe ander inspireer of bemoedig op welke wyse moontlik.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 225 gaste aanlyn

Bydraes – Argief