Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: dop dopper dopste Silwer Augustes projek

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 22 Augustus 2022 Aantal woorde: 50 94 Kere gelees 4

my sleepsel los ‘n slymwit spoor
o waar het ek my huis verloor?
Stadig slym ek soekend voort
oos en wes en dan weer noord

witspoor, blinkspoor sirkel draai
vind toe wel ‘n huisie fraai –
slakkie smelt in sy kamma dop
dit was toe net…
die sout se prop




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    23 Augustus 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek

  2. Seirdna

    23 Augustus 2022

    Baie goed gedoen Amanda

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 111
Kommentaar telling: 45

Ouma van vyf woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier. My eerste solo bundel, Seisoene, verskyn in 2018 en word opgevolg met Volsirkel in 2020.  My eerste Faksie (Fiksie gebasseer op ware feite) verskyn in November van 2021. Ek is 'n motiveringsspreker en is ook nou betrokke by die plasing van mishandelde vroue, kinders en mans in veilige hawes. Ek leef myself uit in my skryfkuns.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 188 gaste aanlyn

Bydraes – Argief