Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Oggendvers

Deur Caren Kearley
Datum gepubliseer: 21 September 2022 Aantal woorde: 89 30 Kere gelees 4

Voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ‘n vers vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ‘n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskyndende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof

wil ek hê jy moet altyd onthou
dat skrywers nooit doof raak nie
en dat elke bang klank
se ellips jou altyd sal oopvou
naby sterre met helder lig.

© 9/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 200
Kommentaar telling: 34

Ek het groot geword in Namibia en meeste van my tiener jare in Namaqualand spandeer. Gematrikuleer in die Paarl by La Rochelle Hoër Meisieskool en onder andere ‘n diploma in aankopebestuur verwef by Varcity Kampus in Rondebosch.  Ek woon tans saam met my  twee dogters in een van die mooiste Bolandse dorpies, Wellington. Ek doen balsaal dans vir ontspanning en boks vir selfverdediging  Solank as wat ek kan onthou maal woorde al deur my kop. Om gedigte te skryf was nog altyd my manier om sin te maak van die lewe.  Vir my kinders sê ek altyd dat kunstenaars onsterflik is en indien my gedigte ooit publikasie haal, sal hulle vir altyd ietsie van my hê. My wildste verwagtinge is oortref, toe ek uiteindelik ‘n digbundel in my hande vashou waarin ‘n paar van my gedigte verskyn.  Nou is ek dankbaar vir ‘n talent wat ek miskien te lank weggesteek het en dus beplan ek nie om verder tyd te mors nie. My grootste droom is om eendag ‘n klein bydrae te lewe in die bevordering van Afrikaans deur my eie digbundel te kan puliseer.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 253 gaste aanlyn

Bydraes – Argief