
veronderstelling
–
“The only value of the statement: “I assume..” is that it makes an ass out of you and me!”
–
vir die massa is veronderstelling
hulle eenvoudige antwoord tot uitdagings
hulle veronderstel dat alle “mense” en “on-mense”
almal van nature goed en empaties ingestel is
–
ongelukkig is hulle veronderstelling
so ver van die waarheid as die Hemel van die hel
geen mens is gelyk aan ‘n ander nie – nie in talente of geld
een is gebore met intelligensie wat onbeperk ontwikkel
ander is gebore met beperkte ontwikkelings vermoë
–
die massa vertel: dit is net omstandighede
verskillende omstandighede in mense se lewens
dit is wat hulle keer om nie dieselfde as ander te ontwikkel
ongelukkig is hul weereens net verkeerd – of die Bybel lieg
miskien is dit waarom hulle die Bybel se waarheid verwerp
die enigste ware God uit hul skole verban en verguis
–
die massa is soos ‘n trop skape
wat deur ‘n valse skaapwagter aangekeer word
na ‘n breë weg van veronderstelde beloning en genot
wanneer een skaap afgaan van hul spoor van verwoesting
word daardie skaap in die openbare oog geslag en vervloek
in die grond in vertrap met smalende beriggewing verwoes
hul valse “herder” sit en lag in sy baard en horings
–
“Hy wat alles blindelings glo wat die wêreld aan hom vertel, sonder om dit aan Gods Woord te toets, is ‘n dwaas en ‘n swakkeling – die duiwel vra jou om net een keer voor hom knie te buig, dan weet hy jy is reg vir die ewige hel”
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.