Sal ons ooit eendag kan verstaan waarom
die klein pionier na die brande blom
groen spatsel kleur wat verskyn in die as
soos ʼn Fenix wat uitreik na die son
Sal ons ooit eendag kan verstaan waarom
die klein pionier na die brande blom
groen spatsel kleur wat verskyn in die as
soos ʼn Fenix wat uitreik na die son
Liefling,
jy is die sterk hart
wat die polsslag
van ons liefde bepaal,
so ons dra jou met
trane oor ons wange
maar dankliedere in ons harte
na ‘n plek waar lang koeltebome
en begroeide graniet
hul eie storie verhaal.
© Zebbie
Wanneer my gedagte huiwer
om van my jou te vergeet
sal ons Skepper deur Sy skilderwerk
‘n eenkleurreënboog
as sonstreep op seevel trek
wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop
van helder hoop.
© Zebbie
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.
© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)
Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.
Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…