Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

Dale Penderis

Biografie

Dale Penderis is op 4 September 1969 in Walvisbaai gebore as die laatlam-dogter van Florence en wyle Thomas Petrus Penderis. Sy is een van vyf kinders, waarvan slegs vier nog leef.

Op die ouderdom van drie het haar ouers Walvisbaai vir die Kaap verruil. Daar het sy haar skooljare deurgebring tot op ouderdom vyftien.

Nadat haar ouers ʼn kleinhoewe, Letjiesbos, 40km buite Beaufort-Wes gekoop het, het sy haar skoolloopbaan in Hoërskool Sentraal voortgesit.

Sy is die trotse mamma van drie pragkinders, Leandra, Armand en Caidan-Ré en vier skattige kleinkinders. Na haar egskeiding het sy haar in die Kaap kom vestig, tot vandag toe. Sy het die voorreg om in die mooiste gedeelte van die Wes-Kaap, Strand, te woon.

Haar skryftalent is gedurende 2020 tydens inperking ontwikkel en uitgebrei. Haar droom is om haar gedigte eendag te bundel, asook haar kort-kortverhale.

Al die lof en die eer kom die Here toe vir die talent wat Hy aan haar toevertrou het. Dit is haar hartsbegeerte dat haar skryf- en digwerk altyd tot Sy eer sal strek.

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed