Jongste aktiwiteit:

verwerp om te skyn

verwerp om te skyn
geskryf deur Dale Penderis ©

droog af jou trane
die son sál weer skyn
jou binne-seer sál heel
jou smart sál verdwyn

hou vas aan die Eén
wat jou mantel van rou
verruil vir die feeskleed
geweef net vir jou

hou vas, My kind,
moet nie meer ween
óók Ek was verwerp
die hoek se steen

daarom, nes Ek, sal jy ook ly
as jy Mý wil doen
en in My voetspore bly

kom wikkel jou in die warmte
van My wolkombers
gehekel met liefde

elke enkele vers

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed