
vir
Gedigte
DOPPLER-EFFEK
Hoe anders kan ek dit verduidelik
as om nog ‘n hadeda oor my dag te veer
een met ‘n eggo wat oor skemers kan hang
om die laaste ure van nou te vang
of net daardie een oomblik
van golwende waarneming
in pure waansin vas te vang,
want wie sal ooit weet
hoe eensaam ‘n middaguur kan wees
hoe stiltes torings in die donker bou
of dat ‘n put skaduwees
laatmiddag onder die dorp se mure hang
terwyl motors op en af jaag
tevergeefs van hier na daar
en later weer terug
na niks
net om môre
weer op te staan
in ‘n ander frekwensie
op dieselfde plek.
© 8/2023 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.