georgiaans
toe wilde ganse nog ganse was
die khoi en boesmans nog veldlangs
hul brood vir die dag vergaar het uit gras
voor daardie ontdekkers die lewe kom vertrap
en deurmekaar gekrap het, vir alles wat leef
van een uitheemse oorheersing na ander
is hulle onderwerp, ontman en besteel
ergste van almal was die victoriaanse
na die georgiaanse tyd verslyt het
van vrou na vrou het dit versleg
van anglo-zanzibar na anglo-boer
van beloftes na anneksasie