Wonders van die lewe
lê in gebede wat jy vra
presies wat jy vra is dit wat gebeur
God se vrede en genade
lê opgesluit in dit wat jy met Hom deel
vra hardop en reik uit na Jesus
dit is geen onbegonne taak
berge kan padgee en heuwels vergaan
maar Sy liefde en genade sal nooit nie verdwyn
wees lief vir mekaar en verdra met geduld
gee met oorgawe vertrou en glo
en ontvang God se liefde en krag
God het lankal reeds beplan
wat jou dag vir jou sal bring
wees beslis gerus in elke beweging
want met rede sal Hy met jou wees
reik net uit met jou hande na Hom
en Hy sal jou bring na waters van rus
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.