Jongste aktiwiteit:

Ontdekkings Reis

met haar vergrootglasie in die hand
ondersoek sy elke beweging klein
met boetie soos ‘n skaduwee
agter haar aan oral waar sy gaan
bevind hulle hul op eienaardige plekkies

en op hul ontdekkings reis
gewaar hulle die miertjies
op hul werkingstog die muur uitklim
wonder ‘n mens wat in daardie gedagtes
hul so laat staar na die spulletjie

vind sussietjie gou gou uit
met die son trek daar ‘n rokie
terwyl sy onwetend enetjie vir dood laat
die hitte het ‘n straaltjie uitgestuur
en miertjie tot houtskool verbrand

hoe sou so klein mensie nou ooit kon dink
dat die ontdekkingsreis met ‘n vergrootglas
‘n paar van hulle na hul graf sal stuur
agter staan boetietjie en verstom hom
aan sussies se manewales met groot ogies aan

@louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed